Looiery

'n Looiery in Marrakesh

Looiery is die proses om die huide en velle van diere te behandel om leer te produseer. 'n Looiery is die plek waar die velle verwerk word.

Om leer te maak van velle deur dit te looi behels 'n proses wat die proteïenstruktuur van die vel permanent verander, wat dit duursaam en minder vatbaar vir ontbinding maak en dit ook van kleur kan laat verander.

As deel van die proses word die velle se sout en vet (en soms ook die hare of pels) verwyder. Dit word vir 'n tydperk van tussen ses ure tot twee dae in water geweek. Histories is hierdie proses as 'n skadelike of stinkende handel beskou en sulke besighede is na die buitewyke van die stad verplaas.

Tradisioneel gebruik looiery tannien, 'n suuragtige chemiese verbinding waaruit die looiproses sy Engelse naam kry. Die materiaal wat vir die looiery gebruik word, word chroomsoute genoem, daarom word hierdie proses soms ook chroomlooiery (Engels: Chrome Tanning) genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search